Skip navigation.
Jesusred! Maar die dwaas sê in sy hart dat daar nie 'n GOD is nie...

Baie mense is nie gered nie, maar hulle dink hulle is... Pasop!!!

Mat.7:21-23 "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"
Kommentaar: Hierdie mense het gemeen dat hulle baie godsdienstige dinge doen. Hulle het in die naam van Jesus duiwels uitgedryf, in die naam van Jesus die toekoms voorspel en gepreek, en in die naam van Jesus het hulle allerhande kragte gedoen. Hulle het dalk iewers 'n gebedjie gedoen en Jesus in hul hart ingenooi. Maar Jesus sê dat HY hulle NOOIT geken het nie. Hulle sê hulle ken HOM, maar HY sê HY ken hulle nie!

Mat.7:13 "breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf (hel) lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe (hemel) lei, en daar is min wat dit vind."
Kommentaar: Hoeveel gaan deur die breë poort? BAIE! Hoeveel vind die nou poort? MIN!!

Luk 13:23-28 "Toe sê iemand vir Hom: Here, is die wat gered word, min? En Hy antwoord hulle: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie. Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Dan sal julle begin sê: Ons het in u teenwoordigheid geëet en gedrink, en U het op ons strate geleer. En Hy sal sê: Ek sê vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid! Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe."

HOE KAN EK MYSELF TOETS OF EK GERED IS?
Vra jouself die volgende vrae:
- Word ek hartseer en ongelukkig wanneer ek sonde doen?
- Het ek 'n begeerte om Bybel te lees?
- Het ek 'n begeerte om te bid?
- Het ek 'n begeerte om saam met God se kinders te wees?
- Het ek 'n begeerte om by die kerk betrokke te wees en te dien?
- Haat ek sonde?
- Het my lewe baie verander nadat ek gered is, soos bv. dat ek weggedraai het van die sondes waarvoor ek voorheen lief was?
HOEKOM JUIS HIERDIE VRAE?
Mense wat werklik gered is, word nie net deur God verbeter nie, hulle word heeltemaal nuut gemaak. 2 Korinthiërs 5:17 bevestig dit so duidelik! "Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword."

As jou lewe nie verander het nadat jy "jou hart vir die HERE gegee het" nie, is die kanse goed dat jy in werklikheid glad nie gered is nie. God het na jou hart gekyk en gesien dat jy na HOM kom met bymotiewe. Jy het nie 'n ware sondebesef gehad nie. Jy het nie gewalg aan sonde nie. Jy was nie ernstig om God jou enigste Koning te maak nie.

Dus: Gaan spandeer baie, ernstige, selfondersoekende tyd op jou knieë voor God. As jy werklik gered wil word, moet nie uit God se teenwoordigheid kom, voordat HYSELF deur sy GEES in jou die sekerheid gee dat jou sondes vergewe en jou siel gered is nie...!!! GOD SELF moet jou die sekerheid gee dat HY jou gered het, nie mense nie! Hoekom sê ek so? Want Bybel leer ons dit onder andere in Rom.8:16 "Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is"
Maak ook seker jy klik op die skakel "Doen die "Goeie Mens" toets" links bo aan die blad.