Skip navigation.
Jesusred! Maar die dwaas sê in sy hart dat daar nie 'n GOD is nie...

Maar ek vra mos om vergifnis!

Baie mense redeneer:
Maar ek bid elke aand en vra: Here, vergewe my menigvuldige sondes! Is ek dan nie vergewe nie? Die Bybel sê dan God vergewe sonde? Om beter te verstaan, moet ons na die Bybel gaan.

Die Bybel stel dit baie duidelik dat God sonde haat. En elke mens op hierdie aarde doen sonde. Bepeins die volgende teksgedeeltes:
Romeine 3:23 "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God"
Rom.3:9-18 "Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie. Hulle keel is ‘n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe. Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid. Haastig is hulle voete om bloed te vergiet. Verwoesting en ellende is in hulle paaie, en die weg van vrede ken hulle nie. Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie."

Dus lyk die mens nie so wonderlik in God se oë soos wat die mens vir homself lyk nie!
- Ps.51:7 sê "Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang."
- Job 14:4 sê "Ag, kon maar ‘n reine voortkom uit ‘n onreine—nie een nie!"
- Job 58:4 "Afvallig is die goddelose mense van die geboorte af; die leuensprekers dwaal van die moederskoot af."

WAT VERDIEN DIE MENS AS STRAF VIR SONDE?
Rom.6:23 "Want die loon van die sonde is die dood,"

Esegiël 18:4 "Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe."
(Hierdie teksvers impliseer ook dat God jou niks skuld nie. Jy is deur Hom gemaak. Jy is in die skuld by Hom, nie HY by jou nie! En alles wat jy het, is slegs uit sy genadige hand. Niemand sal 'n vinger na HOM kan wys as HY jou eendag in die hel gooi nie! Niemand sal vir jou kwaad wees as jy die erdepot wat jy self maak, stukkend op die grond gooi nie...)

Rom.2:5,6 "Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God wat elkeen sal vergeld na sy werke:"

Hand.17:30,31 "God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek."

'N LAASTE VERS OOR ONS SONDIGHEID:
1JoH.1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

HELP DIT DAN NIE AS EK ELKE AAND VRA VIR VERGIFNIS NIE?
Dink 'n bietjie aan 'n goeie aardse regter. Veronderstel ek het jou ma verkrag, en toe haar keel afgesny. As ek voor die goeie regter gaan staan en ek sê vir hom: "Edelagbare, dit was die eerste keer wat ek dit doen. Ek is jammer, vergewe my!" Sal hy, as hy 'n goeie regter is, vir my vryspreek en laat gaan? Nooit! Daar is wette oortree. Die wette roep vir straf!

Dit is dieselfde met God se wette. Jy het sonde gedoen en God se wette oortree. God se wet eis die dood, die hel vir sonde! Niks minder as dit nie! Jy verdien die hel in God se oê, want HY is 'n goeie regter wat sy wette nie kan oortree nie. Hitler sal nog sy straf ontvang vir sy misdade, al het hy probeer ontkom deur selfmoord te pleeg.
HOOR WAT Sê EXODUS 34:6,7 "HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie;

WATTER OFFER EIS GOD VIR SONDE?
Heb.9:22 "sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie."
God eis dus 'n bloedoffer! Daarom was daar in die Ou Testament diere geoffer vir die sondes van die volk. Jy het geen offer vandag om jou sondes te versoen nie. Daar is net een offer, God se Paaslam, Jesus Christus. Sonder Hom, bet jy geen kans voor God nie. Al vra jy in die aande vergifnis vir jou menigvuldige sondes, dan moet daardie sondes nog steeds gestraf word. As jy wil weet hoe om met God reg te maak, lees asb. die skakel "Hoe om gered te word" links bo aan die blad.