Kom leer oor Jesus!
Kom loer gerus van tyd tot tyd hier in, hierdie inligting oor Jesus word aangevul met die tyd.
Die meeste mense besef nie regtig wie Jesus Christus is, en wat Hy gedoen het nie. Sy werke strek BAIE WYER as net die kruisiging. Kom lees hier en word stil en dink na oor hierdie dinge…

EMMANUEL

Jesus word aanbid

DIE ENGELE MOET HOM AANBID....
JESUS IS GOD WAT MENS GEWORD HET.
Die Bybel verklaar dat Jesus, in die gestalte (vorm) van God, ‘n geweldige opofferende daad gedoen het. Hy het afstand gedoen van sy gelykheid aan God (die Vader Seun en Heilige Gees) en is as ‘n mens gebore om te kom sterf vir die vervloekte mense aan die kruis op Golgota. (Omdat Hy die mense van die wêreld liefhet, en hulle nie wil hel toe sien gaan nie, al verdien hulle dit)..


Jesus is God wat mens geword het.
Dit is baie belangrik om te weet dat die Bybel verklaar onomwonde, reguit, op die man af, dat Jesus God is…
“Die Woord was God”.
Die Bybel noem Jesus hier “die Woord” In Joh.1:14 lees ons dat die Woord vlees geword het en onder ons kom woon het. Dit beteken dat Jesus gebore is as ‘n mens, en dat HY aarde toe gekom het met sy reddingswerk om uiteindelik aan die kruis te sterf.
Soos ons lees in Joh.3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”